Pornografie en Courage

Pornografie het deel van soveel mense (ook christene) se lewens geword – ‘n manier om van die werklikheid te ontvlug en van al die probleme te vergeet. Dit is oral beskikbaar: op die internet, TV en selfone. En in die meeste gevalle is dit bykans verniet en kan jy daarna kyk sonder dat enigiemand daarvan hoef te weet. Geen wonder nie dat 70% van mans tussen die ouderdomme van 18 en 34 erken dat hulle pornografiese webtuistes elke maand besoek en 10% van volwassenes erken dat hulle tans verslaaf is aan pornografie.

Vir meer statistiek, besoek:


Pornografie isoleer ons egter van ander mense, skep ‘n wanbeeld van seks, vernietig jou verhoudings en het die vermoë om uiteindelik jou lewe totaal te verwoes. Dit alles gebeur egter nie oornag nie. Geleidelik, deur maande en jare van gewoontevorming, word die brein gekondisioneer om te reageer op pornografie, totdat uiteindelik, dit onmoontlik word om “nee” daarvoor te sê. Die tyd om “nee” te sê, is vandag. Ons by Courage is ‘n groep gelowiges by Kerksondermure wat eens die versoeking van pornografie nie kon teëstaan nie, maar nou besluit het om “nee” te sê.

Ons sal nie verder toelaat dat dit ons en ons gesinne vernietig nie, en bowenal nie ons verhouding met die Here nie. Ons het elkeen beleef hoedat pornografie ons beroof het van die vreugde om elke dag in die Here se teenwoordigheid te leef. Nie meer nie.

Dit is egter ‘n stryd wat ‘n mens nie alleen kan of hoef te veg nie. Ons grootste behoefte was om 'n ruimte te kon hê waarin ons volkome eerlik kon wees oor ons stryd en ons die versekering sou hê dat alles wat gesê word volkome vertroulik is. Ons het so ‘n ruimte by Courage gevind.  As jy reg is om pornografie die stryd aan te sê, lees meer oor ons gespreksgroep.  Ons is ook beskikbaar vir individuele gesprekke.

Maar, dalk is jy nog nie reg hiervoor nie.  Dit vat baie moed om eerlik en vrymoedig te praat oor ‘n mens se stryd rondom pornografie. Daarom het ons ‘n lys van hulpmiddels saamgestel waarna jy kan kyk. Dit mag dalk net wees wat jy tans nodig het. As jy belangstel, lees meer.

Miskien voel jy dat jou situasie reeds so reddeloos is dat jy alleen maar vrymoedigheid sou hê om teenoor ‘n terapeut, wat spesifiek opgelei is in die behandeling van seksuele verslawing, eerlik hieroor te wees. Kontak dan gerus House of Blessing. Hierdie is egter dienste waarvoor fooie betaalbaar is.

Ten laaste, dalk is jy ‘n besorgde eggenoot of ouer wat vermoed dat iemand in jou huis, of ‘n ander persoon wat vir jou kosbaar is, dalk ‘n stryd voer met pornografie. Laat gerus van jou weet by courage@ksm.co.za. Ons is altyd bereid vir ‘n vertroulik gesprek of kan jou ook verwys na hulpmiddels wat in jou spesifieke situasie geskik mag wees.

Moenie huiwer nie.  

Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het Hy vir ons 'n ander naam gegee – kerksondermure. 'n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Kliek en teken in op
kerksondermure se
weeklikse e-pos 

Neem kennis

Vir die Hulpwerf, Snuffelgids:
klik hier.

SUS Logo

Social Upliftment Services

'n Openbare Weldaad Organisasie

 

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en algemene navrae
012 663 2003/info@ksm.co.za

Finansiële navrae
finansies@ksm.co.za

Bankbesonderhede
kerksondermure
Absa Centurion
Takkode: 632005
Rek no: 2890580095
Verwysing: naam en waarvoor

Kerksondermure QR Code

Posbus 7545, Centurion, 0046

PREDIKANT OP ROEP:  +27 (0)83 489 0180

Jy is hier: Tuis Bedieninge Persoonlike Sorg-Fokus Courage Pornografie en Courage