DivorceCare

Divorce Care Logo

ʼn Bediening vir volwasse persone geraak deur egskeiding.

Vir enige navrae kontak:

Dina Cerff
012 663 1610
divorcecare@ksm.co.za
 

divorce

DivorceCare

Wat is DivorceCare ? 

DivorceCare is 'n groep vriendelike, omgee-mense wat saam met jou

deur een van die lewe se moeilikste ervarings sal stap.

Jy hoef nie alleen deur skeiding of egskeiding te gaan nie.

 

DivorceCare sessies of ondersteuningsgroepe word gelei deur mense wat

verstaan wat jy deurmaak! Jy sal toegang verkry tot waardevolle DivorceCare

hulpbronne wat jou sal help om die pyn van die verlede, of die pyn wat jy

tans beleef, te hanteer en jou lewe te herbou. Daar is selfs 'n reeks (DivorceCare4Kids)

wat spesifiek gemik is op laerskoolkinders wat ook deur skeiding of egskeiding geraak word. 

 

Ons nooi dus elkeen wat geskei is, of tans deur 'n egskeiding gaan, om te kom

deel in hierdie reeks van dertien sessies. Die reeks word 2 keer per jaar

by kerksondermure Hippolaan en Midstream aangebied.

 

Splinternuwe Reekse begin 6 Augustus 2015

by beide Hippolaan en Midstream

Tyd: 18:30 tot 20:30

  

Jy is natuurlik welkom om enige tyd by die programskedule in te skakel.

Die sessies wat jy gemis het, kan weer bygewoon word in 'n volgende reeks.

  berading09

Kostes : R300 eenmalige administrasiefooi (sluit 'n werkboek en ligte verversings in.)

Indien jou kind(ers) ook inskakel by DivorceCare4Kids, is slegs R100 administrasiefooi per kind betaalbaar.

'n Gratis kinderoppasdiens is beskikbaar vir voorskoolse kleingoed.

 

Van die temas wat bespreek word is:

 Woede

Depressie

Eensaamheid

Nuwe verhoudings

Finansies

Kinders

Vergewing

Rekonsiliasie

En nog vele meer!

Vir verdere inligting skakel Dina by 012 663 1610.

 


Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het Hy vir ons 'n ander naam gegee – kerksondermure. 'n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Kliek en teken in op
kerksondermure se
weeklikse e-pos 

Neem kennis

Vir die Hulpwerf, Snuffelgids:
klik hier.

SUS Logo

Social Upliftment Services

'n Openbare Weldaad Organisasie

 

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en algemene navrae
012 663 2003/info@ksm.co.za

Finansiële navrae
finansies@ksm.co.za

Bankbesonderhede
kerksondermure
Absa Centurion
Takkode: 632005
Rek no: 2890580095
Verwysing: naam en waarvoor

Kerksondermure QR Code

Posbus 7545, Centurion, 0046

PREDIKANT OP ROEP:  +27 (0)83 489 0180