Ouerbelydenis - 30 Julie

Beste Testimonuim ouers

Dis tyd vir ons eerste ouer en tiener Testimonuim klas. Wat hierdie geleentheid uniek maak is dat dit vir ons ʼn geleentheid gee om terugvoer te gee oor waarmee ons besig is, hoekom ons doen wat ons doen en wat julle ook as ouers kan doen om ʼn sinvolle bydrae te maak om ons tieners te help om nader aan Jesus te loop. 

Ons tema vir die middag is:  “Hoekom is tienerbediening ʼn mors van tyd...”

Kom gesels dus saam.  Kom vra jou vrae en kom hoor hoe kerksondermure julle kan bystaan in die groter proses.  Ons het van die begin af vir mekaar gesê dat ons vennote in ʼn groter droom is.  Daarom nooi ons julle hartlik uit om ons te kom ontmoet.  

Praktiese reelings:

  • Tyd:  16:00 tot 17:00 in die hoof ouditorium Hippolaan en Lokaal D by Midstream.
  • Ouers en tieners word aangemoedig om bymekaar te sit.
  • Koffie en tee sal na die tyd bedien word. 
  • Hippolaan Testimonuim:  Julle gaan direk na die tyd klas toe. Ouers is welkom saam te kom luister na die getuienis van Pieter Badenhorst
  • Midstream:  Julle gaan direk na die sessie na die ouditorium toe. 

Sien uit om julle daar te ontvang.  

Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het Hy vir ons 'n ander naam gegee – kerksondermure. 'n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Kliek en teken in op
kerksondermure se
weeklikse e-pos 

Neem kennis

Vir die Hulpwerf, Snuffelgids:
klik hier.

SUS Logo

Social Upliftment Services

'n Openbare Weldaad Organisasie

 

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en algemene navrae
012 663 2003/info@ksm.co.za

Finansiële navrae
finansies@ksm.co.za

Bankbesonderhede
kerksondermure
Absa Centurion
Takkode: 632005
Rek no: 2890580095
Verwysing: naam en waarvoor

Kerksondermure QR Code

Posbus 7545, Centurion, 0046

PREDIKANT OP ROEP:  +27 (0)83 489 0180

Jy is hier: Tuis Bedieninge Tieners Genres Unknown Ouerbelydenis - 30 Julie