Hulpmiddels

"Hoe weet ek of ek 'n porn addict is?"  Dis een van die eerste vrae wat gevra geword.  Hier is 'n paar vraelyste wat jou hiermee kan help.

Verstaan jy waaroor pornografieverslawing nou eintlik gaan?  As jou tyd beperk is, kyk na hierdie 8 minute inleidende video of as jy 'n bietjie meer tyd het, sal jy dalk 'n kort videoreeks van meer waarde vind.  'n Ander opsie, veral as jy lang ritte werk toe en terug moet onderneem, is om na 'n klankreeks te luister.  Kies gerus die opsie wat jou die beste pas.

As jy gereed is om die bul by die horings te pak, dan is daar gelukkig baie materiaal beskikbaar.  Dit sal egter 'n bietjie meer toewyding en tyd van jou verg.

'n Weeklikse klankprogram wat oor meer as 'n jaar strek.  Dis heeltemal gratis en boonop anoniem.  Heelparty van ons by Courage het hiermee begin, en kan dit ten sterkste aanbeveel.

Daar is talle goeie boeke oor die onderwerp, met verskillende benaderings:

  • Dalk sou jy belangstel in iets wat heeltemal Christelik van aard is.
  • Het jy geweet dat pornografie verslawing 'n verslawing aan neuro-oordragstowwe in die brein is?  As die onderwerp jou intereseer, lees gerus meer hieroor.
  • Diegene van julle wat bekend is met Alcoholics of Addicts Anonymous, sal dit verblydend vind dat daar boeke is wat handel oor die toepassing van dieselfde 12-stap beginsels op seksuele verslawings.
  • Kyk gerus ook na 'n verskeidenheid ander interessante boeke oor pornografie verslawing, soos oor pornografie by die werk en spesifiek internet pornografie.

Ons verstaan dat jy dalk mag verkies om eerder deel te wees van 'n internet gespreksgroep oor pornografie verslawing.  Indien wel, is daar verskeie opsies beskikbaar.

Indien jy gereeld voor die versoeking staan om na pornografiese webtuistes te kyk (wat 99.99% van ons is), oorweeg dit dan tog ten sterkste om sagteware op jou rekenaar te installeer wat sodanige aktiwiteit inperk of rapporteer.

Al die materiaal wat in ons web tuiste gelys word, is beskikbaar by een of meer van die volgende internetboekwinkels: Amazon, Kalahari of Gentle Path.  Amazon is oor die algemeen die goedkoopste opsie.

Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het Hy vir ons 'n ander naam gegee – kerksondermure. 'n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Kliek en teken in op
kerksondermure se
weeklikse e-pos 

Neem kennis

Vir die Hulpwerf, Snuffelgids:
klik hier.

SUS Logo

Social Upliftment Services

'n Openbare Weldaad Organisasie

 

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en algemene navrae
012 663 2003/info@ksm.co.za

Finansiële navrae
finansies@ksm.co.za

Bankbesonderhede
kerksondermure
Absa Centurion
Takkode: 632005
Rek no: 2890580095
Verwysing: naam en waarvoor

Kerksondermure QR Code

Posbus 7545, Centurion, 0046

Jy is hier: Tuis Courage Blog Hulpmiddels